Die sanger het ’n paar foto’s in die sosiale media gedeel waar hy en Janine met ’n kamer vol pienk geskenke spog.

By ’n kiekie van die paartjie tussen die geskenke, skryf hy op Facebook: "Hier lê goedjies uit die hele SA. Dankie. Lieflike klere en sakke vol praktiese geskenkies. Kyk daai cup cakes regs en links bo!" "Ons noem dié berg persente die Romy-Lee Buit. Daar is meer geskenkies vir haar as vir ons huwelik! Dankie vir soveel opregte liefde van reg oor Suid Afrika. Dankie vir die babatee," skryf hy verder.

Dit sal egter nie die kleinding se eerste paar speelgoed wees nie. Sy is al vroeg bederf met ’n skopfiets van haar pa.

A post shared by Steve Hofmeyr (@steve.hofmeyr) on

Adele Marias skryf op Facebook: "Wow, wat ’n groot bederf. Wys jou net hoe baie mense lief is vir jou en Janine en ook vir daai kleine poppie wat op pad is. Julle gaan niks hoef te koop vir haar nie."

Nog ’n aanhanger, Rensia Kly Scholtz sê dis net ’n voorreg om deur só baie mense bederf te word.

Romy-Lee sal Steve (nou 52) se tweede dogter wees. Hy het reeds ’n dogter en vier seuns.