"Dankie vir soveel duisende goeie wense," skryf Steve Hofmeyr. 

Steve het Vrydag die oulikste foto's van klein Romy-lee in die sosiale media gedeel. 

"Ons is jaloers op foto's van haar en het besluit om dié te deel met elkeen wat omgee. Romy-lee Hofmeyr is vandag 5 dae oud en sy is sommer baie soeter as wat ons verdien," skryf hy by die foto's. 

Huisgenoot het vroeër berig dat Romy-lee Maandagoggend om 08:11 gebore is. 

En Steve is niks minder as trots nie!

"Sy lê haar velle nou vol en ons verstaar ons aan haar. En soen haar op. Mej. Wêreld slaap vir ure aan mekaar - solank sy op ons kan lê. Dan koer sy saggies soos voëltjies in die lente," skryf hy. 

En asof dit nie oulik genoeg is nie,  lê Romy-lee op een foto uitgestrek in ’n pakkie met "Pappa se prinses" daarop geskryf!

Romy-lee is Steve en Janine se eerste baba.