Steve Hofmeyr het onlangs die eerste foto in die sosiale media gedeel waarin sy vrou, Janine, se klein bababoepie duidelik sigbaar is.

In die foto staan die sanger en sy vrou baie gemaklik langs mekaar iewers langs die pad in die Kalahari. "Pragskone (nat!) Kalahari," het hy daarby geskryf.

Dit is nie net die Kalahari wat blom oor die onlangse goeie re├źn nie; die Hofmeyrs blom duidelik ook oor hul eersteling se koms. Hul dogtertjie maak na verwagting in Julie haar verskyning.

Steve en Janine is al bykans vier jaar getroud. Die paartjie het die blye nuus van Janine se swangerskap op Kersdag aangekondig. Daarin het Steve ook verklap hul dogtertjie se naam gaan Romy-Lee wees. Sy word vernoem na Janine se ma.

Romy-Lee is nie net die paartjie se eersteling saam nie, maar ook Janine se eerste baba. Steve het reeds vyf kinders uit vorige verhoudings.