Mohamed is net sewe jaar oud, maar die kans dat dié seuntjie van Port Elizabeth nog ’n verjaardag gaan vier, is bitter skraal. Dit beteken egter nie die dapper outjie het nie ’n droom nie . . .

Op Donderdag 20 Oktober 2016 het Netcare 911-paramedici van KwaZulu-Natal ’n oproep ontvang wat ’n reuse-impak op hulle en die moedige kankerlyertjie sou hê.

Die nasionale liefdadigheidsorganisasie Reach for a Dream het Mohamed en sy gesin Durban toe geneem om sy groot droom te bewaarheid: om saam met die dolfyne te swem.

Maar Mohamed se toestand het so versleg dat hy in die Netcare Umhlanga-hospitaal opgeneem moes word. Sy droom om saam met die dolfyne te swem, het onbereikbaar gelyk.

[caption id="attachment_142240" align="aligncenter" width="600"]Foto met vergunning: Arrive Alive/Netcare 911 Foto met vergunning: Arrive Alive/Netcare 911[/caption]

Sy pa het Mark van Heerden, die hospitaalbestuurder, om hulp gevra om sy seun se droom te help bewaarheid.

Netcare 911, die hospitaal en Ushaka Marine World het blitsvinnig ’n plan gemaak.

Mohamed is onder deurlopende toesig van gevorderde-lewensteun-paramedici met ’n ambulans na Ushaka Marine World geneem.

[caption id="attachment_142241" align="aligncenter" width="600"]Foto met vergunning: Arrive Alive/Netcare 911 Foto met vergunning: Arrive Alive/Netcare 911[/caption]

Omstanders, en selfs van die gehardste paramedici, kon nie hul emosies beheer toe die dolfynhanteerder een van die dolfyne nader roep nie. Mohamed kon nie net aan die dolfyn raak nie; hy is ook toegelaat om dit te voer.

A photo posted by Netcare911 (@netcare911) on

“Sy gesigsuitdrukking is ingebrand in die harte van dié wat hierdie ongelooflike oomblik aanskou het,” het Netcare 911 gesê.

Ná sy opwindende kennismaking met die dolfyn is Mohamed teruggeneem hospitaal toe. Hy moes rus voor hy met die Netcare-straler na die King Shaka Internasionale Lughawe geneem is.

A photo posted by Netcare911 (@netcare911) on

Such passion, Care and love for a child is mind blowing #netcare911 #savealife A photo posted by Netcare911 (@netcare911) on

Mohamed is nou weer in die hospitaal naby sy huis in Port Elizabeth.

Bronne: netcare911.co.za, arrivealive.co.za