Die wie’s wie van die plaaslike vermaakbedryf het Dinsdagaand op ’n wynplaas net buite die Bolandse dorp Paarl toegesak vir ’n eerste kykie na die Pad na Jou Hart-sterre Ivan Botha en Donnalee Roberts se nuwe romantiese komedie, Vir Altyd.

Onder die bekendes wat op die sandtapyt ’n draai kom maak het, was die sangers Kurt Darren en Heinz Winckler, die Suidooster-akteurs Marco Spaumer en Illse Roos en die rolprentmaker Sean Else.

Lees ook: Marco oor daai Suidooster-soen – en 5 dinge wat lelik kan skeefloop

Ivan en Donnalee was ongetwyfeld die spilpunt waarom alles gedraai het. Dié vriende en vennote kon skaars wag om die gehoor te vertel van hul nuwe fliek, wat hulle die afgelope paar jaar saam geskryf het. Dit speel af rondom die Paarl en groot dele daarvan is ook op Mauritius geskiet.

“Die fliek is ’n lawwe avontuur vol liefde, verhoudings en passie en is definitief ’n storie wat mense weer op ’n vars en nuwe manier na verhoudings sal laat kyk,” het Ivan gesê.

Donnalee het roerend vertel dis altyd ’n voorreg om saam met Ivan, haar “beste vriend”, te werk. “Ivan, jy inspireer my elke dag. Jy is onbeskryflik hardwerkend,” het sy in haar toespraak gesê.

“Dis regtig ’n voorreg om saam met jou te kan droom. Dankie dat jy so hard werk en dat jy enigiets laat gebeur wat ons uitdink. Ek is regtig oneindig dankbaar vir jou in my lewe.”

[post-slider]

Vir Altyd begin Vrydag, 12 Februarie 2016, landwyd in fliekteaters wys.

– Deur Lara Atson en Petrus Malherbe

– Foto's: Peet Mocke

Ander stories op huisgenoot.com:

Bobby van Jaarsveld in hospitaal

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Kyk net hierdie bekendes se verborge talente

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld???