[caption id="attachment_145185" align="alignnone" width="600"]Foto: Sandi Blom Photography Foto: Sandri Blom Photography[/caption]

Die skattige meisie het gister haar tweede verjaardag gevier.

Kurt het die dag beskryf as ’n spesiale dag saam met hul “engelkind” waartydens hulle die huis omskep het in ’n wonderwêreld van al Kyrah se gunstelinggoed: van Minnie tot springkastele en ’n poppekas, als was daar.

[caption id="attachment_145180" align="aligncenter" width="600"]Foto: Sandi Blom Photography Foto: Sandri Blom Photography[/caption]

“Haar nuwe Kaapse maatjies het kom kuier en ons prinses was in haar noppies! Pappa het maar gebraai vir die pappas wat vir hierdie woelige geleentheid kans gesien het, terwyl mamma maar, soos altyd, geskitter het,” het die sanger gesê.

Op ’n swartbord is al haar gunstelinge uitgeskryf. Boaan die bord staan: “Kyrah van Heerden, my 2de verjaardag.”

[caption id="attachment_145183" align="aligncenter" width="600"]Foto: Sandi Blom Photography Foto: Sandri Blom Photography[/caption]

Daaronder staan: “Ek is lief vir my familie, diere, swem, om te jump, ballonne, gly en swaai, musiek en dans, klim en klouter, 3D-puzzles, brrm brrm ry in my karretjie, handjies klap, bubbles, balle.”

Haar byname is ook op die bord: Kyrah Kat, Katjie en Kai-Kai. Onder die skattige tweejarige se gunsteling-sêgoed is: “Ai tog, nee dankie, Barney, bababoetie.”

[caption id="attachment_145181" align="aligncenter" width="600"]Foto: Sandi Blom Photography Foto: Sandi Blom Photography[/caption]

Haar gunstelingkosse sluit in hoender, gemaalde vleis, worsies, mielies, ertjies, spaghetti, Jungle Oats, rosyntjies en lekkergoed – veral Smarties.

Kyrah se gunsteling-TV-programme is Barney, Minnie Bowtique/Mickey Mouse Clubhouse en Lollos & Lettie.

Op haar verjaardagpartytjie was ’n vierlaagkoek in pienk en goud, met ’n goue “2” bo-op.

Dié oulike kleuter het onlangs ’n boetie, Kade, gekry.

[caption id="attachment_145184" align="aligncenter" width="600"]Foto: Sandi Blom Photography Foto: Sandri Blom Photography[/caption]