Camilla wat weglê aan ’n reuse koekie, die koningin wat aan koffie teug terwyl sy opvang met die jongste skindernuus oor beroemdes en William en Kate wat onder mistel ’n soentjie steel – sjoe, ons wens beslis dié oulike kiekies was die ware Jakob. Alison Jackson, ’n fotograaf wat mense afneem wat soos bekendes lyk, het weer haar ding gedoen! Dié keer het die fotograaf die koningin, prins Charles, Camilla en die hertog en hertogin van Cambridge se spieëlbeelde bymekaargekry om ’n foto te neem wat lyk soos Engelse se bloubloedfamilie wat ná ’n lang dag van Kersinkopies ’n bietjie ontspan in ’n koffiewinkel.

Die nabootsers, wat merkwaardig oortuigend is, is gekiek waar hulle ’n koppie koffie in ’n koffiewinkel geniet, nes ’n normale familie sou maak (hoewel hulle omtrent uitstaan in hul deftige pakke en pêrel-halssnoere).

Hier is ’n kykie na die prettige video wat agter die skerms geneem is.

Bronne: The Mirror, MailOnline