Dit gebeur min dat ’n mens ’n vierjarige seuntjie met soveel styl sien. Maar met sy ma se hulp speel Ryker Wixom model in stylvolle klere, en sy Instagram-aanhangers is mal daaroor!

8 7

Ryker se ma, Colette, kies bekostigbare uitrustings vir haar seuntjie om stylvolle (volwasse!) mans in ontwerpersklere na te boots. Hul Instagram-profiel, @ministylehacker, het al meer as 56 000 aanhangers. Sy blog ook oor die uitrustings by ministylehacker.com

6 5

Colette sê haar grootste uitdaging is om die energieke seuntjie se belangstelling lank genoeg te hou sodat hy aangetrek kan kom en vir foto’s sal poseer. “Ek moet alles vir hom ’n speletjie maak. As ek wil hê hy moet sy hande in sy sakke sit, laat ek hom speel hy sit sy lasergewere in hul houers.” Sy gebruik ook bykomstighede soos ’n rugsakkie pleks van ’n skouersak of ’n speelgoedkarretjie om te wys Ryker is wel steeds ’n gewone vierjarige seuntjie!

2 1

- Suzaan Hauman

Bronne: Buzzfeed.com, ministylehacker.com, dailybeast.com