Die Moederstad gaan wraggies nog luukser raak met die superswierige Silo-hotel wat oor sowat ’n jaar in die immergewilde V&A Waterfront oopmaak.

[caption id="attachment_119097" align="alignnone" width="600"]Die nuwe Silo-hotel gaan na verwagting volgende Maart oopmaak, Foto: Verskaf Die nuwe Silo-hotel gaan na verwagting volgende Maart oopmaak, Foto: Verskaf[/caption]

Maar voor jy die foon optel en jou beursie vir ’n bespreking naderhark . . . Die goedkoopste lêplek in dié hotel – en dit boonop buite die toeristeseisoen – sal jou ’n allemintige R12 000 per nag uit die sak jaag.

Lees ook: Kyk net hierdie reuse hotel met 10 000 kamers!

As dié prys jou nie afskrik nie en jy in die feestyd in die Silo se daksuite wil uitspan, sal dit jou bultende beursie R140 000 per nag ligter maak.

[caption id="attachment_119098" align="alignnone" width="600"]Die nuwe ontwikkeling is tans in aanbou by die Kaapse Waterfront. Foto: Verskaf Die nuwe ontwikkeling is tans in aanbou by die Kaapse Waterfront. Foto: Verskaf[/caption]

Die nuwe ontwikkeling is gesetel in die geskiedkundige graansilogebou in die Waterfront – wat tot 24 miljoen besoekers per jaar lok – en gaan ook die splinternuwe Zeitz MOCAA-kunsmuseum huisves.

Thomas Heatherwick, ’n Londense argitek, het die gebou ontwerp en die ontwikkelaars hoop dat die silogebou en Kaapstad so sinoniem sal raak soos die ikoniese Eiffeltoring en Parys.

[caption id="attachment_119099" align="alignnone" width="600"]Hier is hoe die kamers gaan lyk. Foto: Verskaf Hier is hoe die kamers gaan lyk. Foto: Verskaf[/caption]

G’n wonder die invloedryke New York Times het dié hotel onlangs as een van die agt mees opwindende nuwe bestemmings ter wêreld aangewys nie.

Die Silo-hotel behoort teen 1 Maart volgende jaar oop te maak.

– Almari Wessels

Ander stories op Huisgenoot.com

Jy sal nie glo hoe 7de Laan se Bart deesdae in Amerikaanse reeks lyk nie

‘Bid asseblief,’ pleit ma van vierjarige wat om sy lewe veg

Dapper vrou red haar man met geweld uit krokodil se kake

Moet ek my baas in sosiale media bevriend? Hier’s wenke oor aanlyn etiket

Ontstellende video wys hoe kleuter uit bewegende motor val en net weer opstaan