Elkeen van dié hopsitaal se 16 verdiepings bring hulde aan dr. Christiaan Barnard, wat die wêreld se eerste hart oorgeplant het.

A photo posted by @unutmayacagiz on

Daar is oral foto’s van sy lewe, sy gunstelingaanhalings, asook sy eie gevleuelde woorde. In die voorportaal hang skilderye wat sy pasiënte van oor die wêreld gemaak het in die vorm van sy gesig.

[caption id="attachment_147248" align="aligncenter" width="600"]Die ontvangsportaal bring hulde aan die groot hartpionier. Die ontvangsportaal bring hulde aan die groot hartpionier.[/caption]

Marco Cianfanelli en die oorlede Jeremy Rose, die argitek wat baie van Suid-Afrika se bekendste museums ontwerp het, was verantwoordelik vir hierdie “museum-hospitaal”. Besoekers sal selfs kan luister na onderhoude van die span wat betrokke was by daardie eerste operasie en wat nog leef.

cb-aansig

Die Netcare Christiaan Barnard Gedenkhospitaal skuif vanaf Langmarkstraat in die Kaapse middestad na die voorstrand toe.

Dit sou R500 miljoen gekos het om die ou gebou op te knap. Daarom het Netcare besluit om ’n nuwe gebou te bou met van die wêreld se beste fasiliteite – van ’n spesiale outomaat wat op prostaatkanker opereer tot ’n harteenheid waar meganiese harte ingeplant sal word.

cb-geriewe

En les bes, elke pasiënt in die hospitaal se 248 beddens sal ’n uitsig op óf die see en hawe óf Tafelberg hê.

Die nuwe hospitaal sal op 7 Desember 2016 ten volle in werking tree met sowat 120 spesialiste wat reg staan om lewens te red.

[caption id="attachment_147247" align="aligncenter" width="600"]Een van die gesofistikeerde laboratoriums binne-in die hospitaal. Een van die gesofistikeerde laboratoriums binne-in die hospitaal.[/caption]

In 1967 het die historiese eerste hartoorplantingspasiënt vier dae voor dié datum – op 3 Desember – die eerste skenkerhart ontvang.

Dr. Christiaan Barnard het op 2 September 2001 tydens 'n vakansie op Ciprus aan 'n ernstige asma-aanval beswyk.

Só lyk dit binne die hospitaal:

[post-slider]