Frank 'Ol Blue Eyes' Sintra het dié liedjie met sy hipnotiese ritme gesing, so ook die Ray Charles-sangers, Nat King Cole, Cher, Kenny G, Diana Krall en Amy Winehouse.

Wat min dalk weet, is dat dié legendariese liedjie in der waarheid op ’n regte, egte meisie baseer is.

Toe Helô, oftewel Heloísa Eneida Menezes Paes Pinto van Ipanema, Rio de Janeiro, op ’n dag in 1962 verby die Veloso-kroeg loop, het haar lewe onherroeplik verander.

Die komponis Antonio Carlos Jobim en ’n digter, Vinícius de Moraes, was besig om ’n biertjie in die kroeg te geniet. Hulle het in alle waarskynlikheid byna in hul drankies verstik toe die mooi Helô verbyloop.

Net daar het hulle omgedraai en die liedjie “Menina que pass” (The Girl Who Passes) geskryf waarin haar stappie ondermeer met die van ’n samba vergelyk word. ’n Samba is ’n danspassie wat terselfdertyd meesleurend en sagkens is.

Helô was 19 en sy was pragtig. Carlos sou haar weldra as ’n “goue tienermeisie; ’n kombinasie van ’n meermin en ’n blom, vol lig en grasie” bestempel.

Boonop was sy salig onbewus van die rimpelings wat sy op die twee manne se kreatiewe denke gehad het.

Selfs toe Brasilië begin gons het oor wie die meisie kan wees, het sy van geen sout of water geweet nie.

“Ek het dit nie geglo nie,” het sy aan Yahoo Sports vertel. “Ek was so dun en net ’n gewone meisie.”

Tot waar sy vir Vinícius in 1965 ontmoet het. “Hulle het vir my die liedjie as ’n geskenk gegee. Ek kan net dankie sê want nou is my lewe soveel helderder (brighter).”

Helô het in ’n ikoon van belofte en eksotiese misterie vir Brasilië ontpop.

Vandag, op 70-jarige ouderdom, het die meisie van Ipanema nog steeds daardie swaai in die heupe. En ja, sy’s nog steeds “lank en lenig en (bietjie ouer) en lieflik”.

Met vanjaar se Olimpiese Spele is sy een van die uitverkorenes fakkeldraers wat op die laaste dag van die fakkel-aflos gaan deelneem.

Lees ook: Wat moet ek weet oor die Olimpiese Spele dié naweek?

Maar wag, laat sy in haar eie woorde meer van daardie bekoorlike samba-styl stappie vertel.

Bronne: steynonline.com, sports.yahoo.com