Nadat ’n aardbewing vroeër Dinsdagoggend die Oudtshoorn-omgewing getref het, het dit landwyd behoorlik gegons.

Lees ook: Kango-grotte tydelik gesluit na aardbewing omgewing tref

Chantel Edwards-Klose, ’n woordvoerder van George-munisipaliteit, het aan Arrive Alive bevestig dat die streek seismiese aktiwiteit ervaar het rondom 08:25 vanoggend.

So het dit Dinsdag by die Kango-grotte gelyk:

Eldridge Kgaswane, ’n senior wetenskaplike verbonde aan die Raad vir Geowetenskap, het gesê dat die aardbewing in die Prins Albert-omgewing voorgekom het.