Die gier, bekend as #RunningManChallenge, het kort voor lank verskeie polisiemaglede in verskillende lande op hul danspassies laat volg. Die resultate gaan jou twee keer laat dink wanneer jy weer ’n polisielid met ’n ernstige uitdrukking gewaar. Wie weet, hy’s dalk die volgende John Travolta! Hier is ’n paar van die reaksies wat volg op die Kiwi’s se unieke werwingsprojek. Kyk net hoe lekker skoffel die man in die middel.

Toe sluit die bure Doer Onder ook aan by die dansbrigade.
Maar wag, wie’t gesê net die polisiemag kan dans? Die Australiese brandweermanne wys hulle kan die dansvloer aan die brand dans!
Niks word halfpad gedoen in Victoria, Australië nie. Hulle span sommer ’n helikopter in vir spesiale effekte.
En dis nie ’n regte Aussie-dans as daar nie minstens ’n koala en ’n didgeridoo betrokke is nie . . .
Vergeet dat jy ooit gedink het die Engelse het maar ’n droeë sin vir humor.
In Durham in die noordooste van Engeland het dit net so vrolik gegaan.
In Edenburgh, Skotland, is die doedelsak vir eers afgeblaas sodat daar natuurlik gedans kan word.
In New York word daar van gaskunstenaars gebruik gemaak voordat die polisie intree en oorneem.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Steve Carell deel hartseer nuus op Moedersdag

Eerste reusepanda vir 2016 in aanhouding gebore en vermurwe harte wêreldwyd

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

Dié nege mense is vas oortuig hulle is deur ruimtewesens ontvoer

Ouers, só kan jy ’n liefde vir lees by jou kind help ontwikkel