Janco Bester (6) oftewel mini-Snotkop, soos hy nou aandring om genoem te word, is 'n klein Paarliet.

“Ek het dadelik gesien die laaitie het baie selfvertroue en hy is 'n natuurlike performer,” het Snotkop oor sy mini-weergawe gesê.  

“Sy pa het vir ons ’n video van hom gestuur waarin hy 'Hoelykit' in sy klaskamer sing. Janco is 'n baie groot Snotkop-aanhanger,” vertel Tania Fourie van Select Musiek. 

Tania sê die span was juis opsoek na ’n seuntjie om die rol van 'n jong Snotkop in die nuwe video te vertolk.

Ek is gek oor kinders en het nog altyd dit 'n prioriteit gemaak om jong mense daarvan bewus te maak van hoe belangrik dit is om jou drome te embrace.

“Ons het ná ’n paar oudisie-video's gesien Janco is beslis die klein Snotkop van jare terug, presies waarna ons gesoek het,” verduidelik Tania.  

“Janco is briljant en het 'n baie goeie job gedoen!

"Ek is gek oor kinders en het nog altyd dit 'n prioriteit gemaak om jong mense daarvan bewus te maak van hoe belangrik dit is om jou drome te embrace. Ook om nooit jou talent en individualiteit prys te gee om in te pas nie,” het Snotkop gesê.  

Klein Janco was in die wolke toe hy hoor hy die rol as mini-Snotkop gekry het.

“Hy het vir drie weke lank geoefen aan die lirieke en moves vir die video,” sê Tania. 

Aan Janco se sy in die video is die vyfjarige Nélle van Niekerk van Vishoek te sien.

“Sy is ook ’n groot ’n Snotkop-aanhanger en sê Woestersous is haar gunstelingliedjie,” sê Tania. 

Alhoewel Woestersous wel Nélle se gunstelingliedjie is, hou sy egter niks van die smaak van die sous self nie. 

“Janco was ’n bok vir sports en is gek oor die sous. Hy het glad nie omgegee om dit selfs in 'n melkskommel te drink vir die verfilming van die video nie.

"Hy sê ook hy is gereed vir die roem wat gaan volg nou dat die video vrygestel is. Hy is baie opgewonde dat derduisende mense hom in die video gaan sien. Hy is immers die ster van die video,” sê Tania. 

Snotkop se HKGK album het ook onlangs platinum status bereik en sy groot treffer Cool Soos Koos Kombuis het beide liedjie van die jaar en digitale lied van die jaar by die Ghoema-toekennings gewen. Die video is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.