’n Handelaar het ’n bietjie meer as jogurt gekry toe hy in Komatipoort Spar in Mpumalanga iets uit die koelkas wou haal. Die slang, wat blykbaar ’n luislang is, was byna vier meter lank, sê Martie Esnouf aan News24.

"Dit het in die yskas vasgesit. Dit mag dalk deur die dak of drein gekom het, ons het baie bosse agter die winkel en daar is slange."

Sy sê die slang is gered en nou onder waarneming en sal in die Kruger Nasionale Wildtuin vrygelaat word.

"Wanneer ’n slang in die yskas vassit, kan sy organe begin afskakel en tot 48 uur neem om weer na normaal terug te keer," sê sy verder.

In plaas daarvan dat kliënte bang is, was hulle liewer meer besorgd oor die slang se veiligheid.

"Ons sal nooit die arme luislang seermaak nie," sê sy.

Die slang het gemengde reaksie op sosiale media ontlok, met sommige wat wonder of dit nie die bestuurder se slang is nie, of dalk ’n publisiteitsfoefie is nie.

Bron: News24