Hy was deel van ’n groep valskermspringers wat die wedstrydbal vir ’n sokkerwedstryd tussen Oklahoma City Energy en Civas USA in die Taft-stadion in Oklahomastad sou aflewer – vanuit ’n vliegtuig!

Alles het goed gelyk toe hy en sy makker van die vliegtuig af wegskiet. En toe. . . chaos!

In plaas daarvan dat sy valskerm ontplooi soos dit moet, sien jy in die videogreep van die voorval net ’n warboel van toue soos wat die hoofvalskerm in die ronde bly tol.

Dit wil voorkom asof daar ’n paar desperate krete deur Daniel geuiter word, en hy kan gewis nie verkwalik word daarvoor nie. Daar is nog ’n paar duisend meter tussen hom en die aarde, en sake loop lelik skeef.

Gelukkig kry hy dit reg om sy hoofvalskerm los te sny sodat hy sy noodvalskerm kan ontplooi. Genadiglik het die res van sy sprong sonder voorval verloop.

“Jy het nie eintlik tyd om te reageer nie. Jy doen net wat jy moet doen,” het ’n verligte Daniel aan KOCO gesê.

Die bal is aan die twee spanne besorg. Oklahoma City Power het ongelukkig die wedstryd verloor.

Op sy Facebookblad spreek hy sy hoop uit dat hy wel weer sy valskerm sal terugvind. Maar indien nie, het hy ’n GoFundMe-groep gestig in die hoop om sy verlore valskerm te vervang. Die waarde daarvan word op sowat $2000 (R29 000) geskat.

Daniel se nare ervaring is natuurlik nie uniek nie. Kyk hoe verskeie ander valskermspringers aan die verkeerde kant van die sprong opgeeïndig het.

strong>Bronne: huffingtonpost.com, koco.com, Facebook.com