’n TV-aanbieder in Brasilië wat sy hand oorspeel het met ’n sexy model, het beslis nie verwag dat sy gaan terugkap toe sy hom ’n taai klap gee nie!

Rayssa Teixeiro Melo was glo op die TV-program as deel van ’n demonstrasie oor sonroom en hoe dit aangewend moet word. Volgens berigte het sy die aanbieder vooraf gewaarsku om nie aan haar agterstewe te raak terwyl hy die room aanwend nie, maar sy hand het op twee geleenthede na haar rondings gedwaal. ’n Ontstoke Rayssa het toe die aanbieder ’n taai oorveeg gegee en haar duidelik lelik vererg. Sy het daarna summier uit die ateljee gestorm. Die donkerkop is ’n gewilde model in haar tuisland en is veral bekend vir haar vuurwarm kurwes.

Die voorval het glo Woensdagoggend plaasgevind.

Kyk hier na video:

Bronne: YouTube, Daily Mail, The Sun.