Die verstommende voorval het plaasgevind toe die vrou die battery in haar foutiewe selfoon probeer vervang het.

Dit is die skokkende oomblik toe die foon op ’n bus ontplof voor dit in vlamme uitbars. Dit het in die Chinese stad Nanchong gebeur.

Op die video is dit duidelik hoe ander passasiers paniekerig raak terwyl die vrou met die brandende foon in haar hand hardloop.

Die ontstelde vrou, wie se gegil op die video gehoor kan word, kry dit reg om van die toestel ontslae te raak toe die busbestuurder stilhou sodat die passasiers kan afklim.