"Net ’n proeseltjie van dit wat sy in die komende jare kan verwag."?

In hierdie video, wat virusafmetings aangeneem het, word ’n pasgetroude paartjie, glo van Turkye, gesien waar hulle hul troukoek op die onthaal sny.

Dan voer die bruidegom sy nuwe vrou ’n stukkie koek.

Toe dit haar beurt is, terg die ongeïdentifiseerde vrou hom met die stukkie koek.

En dis net daar waar hy hom bloedig vererg. En daarmee saam klap hy haar hand verwoed weg. Die vurkie en die stukkie koek trek doer en die arme bruid kom heel verdwaas voor.

"’n Klein proeseltjie van dit wat sy in die komende jare kan verwag,” was een gebruiker se kommentaar.

Kyk hier onder na die skokkende oomblik.