[caption id="attachment_154991" align="aligncenter" width="600"]Die ma van Johannesburg vertel haar kind het op 'n ysterplaat bo-op 'n drein gebrand. Foto: Verskaf Die ma van Johannesburg vertel haar kind het op 'n ysterplaat bo-op 'n drein gebrand. Foto: Verskaf[/caption]

“Ek wil ouers waarsku,” sê die ma wat anoniem wil bly. “Daar is so baie maniere hoe ’n kind sy voete kan brand.”

Dit kom nadat Huisgenoot.com Woensdag die skokfoto’s geplaas het wat ’n Johannesburgse ma geneem het van haar 14 maande oue baba se voete wat vermoedelik deur hul huishulp op die stoof gebrand is.

Die kind het erge blase op sy voetsole opgedoen en die ma het intussen ’n saak van kindermishandeling aanhangig gemaak.

Die Pretoriase ma sê sy was in 2013 by die huis toe haar peuter (toe een jaar oud) buite speel. “Ek het kos gemaak toe ek hoor my kind begin huil,” vertel sy.

Haar kind het op ’n munisipale afvoerpyp se ysterdeksel gaan sit. “Dit was middel Januarie en ek kon nie glo hoe warm die ding word nie.”

img00524-20130116-1128

Sy het haar kind opgetel en die brandmerke onder water gaan afspoel. Sy hande én voete het gebrand soos hy probeer keer het.

“Die blase het amper onmiddellik gevorm en ons was albei histeries,” vertel sy. Sy het met haar kind dokter toe gegaan en hy moes drie weke met verbande loop.

img00522-20130116-1127

“Hy kon skaars op sy voete loop.” Intussen het die ma ’n stuk mat oor die deksel gegooi sodat so iets nie weer gebeur nie.

“Daar is baie verskuilde gevare op ’n erf. Omtrent op elke huis se erf is daar so ’n ysterdeksel. Ek wil net hê ouers moet paraat wees vir sulke goed,” sê sy.

[caption id="attachment_154990" align="aligncenter" width="550"]Die ysterdeksel waarop haar kleuter gaan sit het. Foto: Verskaf Die ysterdeksel waarop haar kleuter gaan sit het. Foto: Verskaf[/caption]