Prins George (2) het ’n ereplek gehad op koningin Elizabeth se amptelike foto vir haar 90ste verjaardag. Die pragtige kiekie is in die wit sitkamer by Buckingham-paleis geneem en sal verskyn in ’n reeks seëls om die monarg se mylpaalverjaardag op 21 April te herdenk.

The Royal Mail celebrates #Queenat90 with a specially commissioned Stamp Sheet, featuring four generations of the Royal Family.

A photo posted by The British Monarchy (@the_british_monarchy) on

Op die foto pryk vier geslagte koninklikes van die Huis van Windsor. George, die derde aanspraakmaker op die troon, straal terwyl hy sy pa, prins William, se hand vashou.

Dié sit op ’n weelderige stoel langs hom. Regs van George sit Elizabeth, wat koninklik lyk in ’n vaalblou rok met swart hofskoene daarby. Haar oudste seun, prins Charles, is aan haar sy.

Die Royal Mail-fotograaf Ranald Mackechnie, wat die foto ’n paar maande gelede geneem het, het aan The Daily Mail gesê hy was verbaas oor hoe maklik die fotosessie verloop het.

Lees ook: Prins George se eerste dag by kleuterskool

“Dit was ontspanne en lighartig. Hulle was gemaklik met mekaar en het soos enige ander familie opgetree, gesels en grappe gemaak. Dit was meer ontspanne as toe ek saam met my familie probeer foto’s neem het.”

Natuurlik het die koninklike assistente gesê George was “stroopsoet” tydens die fotosessie van 25 minute, maar Ranald het dit bevestig. “Hy was absoluut bekoorlik, soos jy op die foto kan sien. Jy het nie baie tyd wanneer jy kinders afneem nie, maar George was op sy stukke en almal het dit geniet om te sien hy geniet die dag,” het die fotograaf aan The Telegraph gesê.

“My ligte en toebehore het hom gefassineer, en hy was heel gewillig om op die blokke te staan. Dit het dalk 80 of 100 skote geverg, maar toe ek hierdie een sien, het ek dadelik geweet dis die een dié.”

prince-george-queen-a

Die veteraanfotograaf het onthul die moeilikste deel was om te sorg dat die hele familie ongeveer ewe hoog en eweredig gespasieer is sodat hul gesigte vir individuele seëls gebruik kon word.

Nog ses seëls is vir die geleentheid uitgereik – een het selfs vir oudpres. Nelson Mandela van Suid-Afrika op.

HMQ-90th-Birthday-stamps-full-set-a

Nog foto’s in die reeks sluit in een wat in ongeveer 1930 geneem is van die koningin (toe nog ’n prinses) saam met haar pa (toe die hertog van York); Elizabeth by die staatsopening van die parlement in 2012; saam met haar kinders prinses Anne en Charles in 1952; op ’n besoek aan Nieu-Seeland in 1977; en saam met die hertog van Edinburgh in 1957.

Bronne: MailOnline, BBC, Vanity Fair, Hello, The Telegraph

Ander stories op Huisgenoot.com:

Oscar Pistorius se wolhaarhondjie: Vertroetel hom wanneer tronkdeur toeklap, vra kenner

Kyk hoe blom die liefde tussen dié beminde Afrikaanse sangerpaartjie

Kyk: Sue Duminy rits die wêreld vol en deel pragfoto’s van haar reise