Die 38-jarige Australiese sangeres en liedjieskrywer Sia het onlangs die musiekvideo uitgereik vir haar snit, Chandelier. Die 11-jarige danseres Maddie Zielger van die Amerikaanse werklikheidsreeks Dance Moms slaan ons asem weg met haar ongelooflike danspassies. Maddie dra ’n platinumblonde pruik – nes Sia se kenmerkende haarstyl – en dans in ’n woonstel. Die liedjie verskyn op Sia se album Forms of Fear wat in Junie uitgereik word. Die talentvolle Sia het help skryf aan Beyoncé se liedjie Pretty Hurts en hope ander treffers, maar het haarself beslis oortref met haar jongste liedjie. Die video het deurgeloop onder kritiek omdat Maddie ’n bleek leotard dra en sommige voel die dansery is te prikkelend vir ’n 11-jarige. Stem jy saam?

http://www.youtube.com/watch?v=2vjPBrBU-TM

BRON: REALITYTVWORLD.COM