Sy lyk soos ’n godin waar sy op haar tone op ’n houtdek in ’n helderoranje baaikostuum met die magiese blou see van die Maldive agter haar pronk.

[caption id="attachment_122696" align="alignnone" width="600"]sfas Ryk Neethling en sy beeldskone verloofde Sahar Biniaz het onlangs in die Maldives vakansie gaan hou. Foto: Facebook[/caption]

Op die volgende foto van Sahar Biniaz en haar verloofde, die swemlegende en sakeman Ryk Neethling, se idilliese vakansie in die Maldives, staan sy weer op haar tone. Dié keer op ’n seiljag.

[caption id="attachment_122697" align="alignnone" width="599"]sf Sahar pronk op haar tone met die potblou see wat agter haar pryk. Foto: Facebook[/caption]

“Ongelooflike kos; ek kan nie ophou eet nie. Lief die Maldive,” het sy Dinsdag op haar Facebook-blad verklaar by foto’s van watertand-nageregte, lang brode en ’n verskeidenheid tropiese vrugte.

[caption id="attachment_122698" align="alignnone" width="600"]Sahar het ook verskeie foto's van die smullekker kos op die eiland gedeel. Foto: Facebook Sahar het ook verskeie foto's van die smullekker kos op die eiland gedeel. Foto: Facebook[/caption]

Maar dié aktiewe paartjie behou klaarblyklik hul figuur te oordeel na hoe sy in ’n bikini lyk en haar geliefde Ryk – sy gespierde lyf in ’n ewe knap swembroek – waar hy waaghalsig tussen ’n rifhaai en skouspelagtige seelewe snorkel. [caption id="attachment_122699" align="alignnone" width="600"]Ryk Ryk wys sy gespierde lyf terwyl hy die seelewe ontdek. Foto: Facebook[/caption] Hulle kan skaars meer ontspanne lyk waar sy later teen sononder gaan wandel en hulle in vleeskleurige japonne by die oord se spa ontspan.

Magnificent Maldives sunset #maldivesmania #maldives #centararasfushi @lifestyle_rewards

A photo posted by Ryk Neethling (@rykneethling) on

’n Mens kan sien in die kommentare van vriende, almal begeer om nou te wees waar sy is. Dis ’n bestemming wat die meeste mense net van kan droom en dalk op hul wittebrood kan beleef.

[caption id="attachment_122700" align="alignnone" width="600"]sf Hul vriende was beslis jaloers op al die kiekies van hul idilliese vakansie. Foto: Facebook[/caption]

Ai, dis darem maar lekker om Ryk te wees!

Ook op Huisgenoot.com:

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate

Valk tref motor en oorleef wonderbaarlik ’n hele naweek vasgekeer in sierrooster

Mauritius-moordsaak: Saak teen SA besigheidsman laat vaar

Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa