Dis enige aanhanger se ergste nagmerrie: ’n Klomp swernote bal hul vuiste om Suid-Afrika se mooiste man se gesig pimpel en pers te slaan.

[caption id="attachment_122326" align="alignnone" width="600"]Die manne van DZL, Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter. Foto Facebook Die manne van DZL. Foto Facebook[/caption]

Die Afrikaanse musiekgroep DZL se Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter – wat vanjaar aangewys is as Cosmopolitan se sexyste man van die jaar – sal hul ysterperde op in die musiekvideo Vind Jou Pad om ’n paar ongeskikte buffels in ’n kroeg reg te sien.

“Daar was omtrent naelkou-oomblikke met die skiet van dié video,” sê Andries. Dit was die manne se eerste keer op ’n motorfiets.

“Daai Harley-Davidsons weeg ’n ton!

“Ons het die motorfietse by vriende van ons geleen en so ’n paar keer in hul sekuriteitskompleks in Pretoria rondgery voor ons die ooppad aangedurf het.

“Die grootste uitdaging was om weg te trek sonder dat die ysterperde onder jou uitgly.”

In die musiekvideo sit Wiaan en Andries by ’n kroeg en kuier saam met ’n aantreklike blonde kelnerin. ’n Ruk later bars ’n bende die kroeg binne met Johnny Pienaar, bekend vir sy rol as ’n skurk in sepies soos 7de Laan en Generations, as hul leier.

Hulle neem die kroeg op horings en molesteer die arme kelnerin.

[caption id="attachment_122329" align="alignnone" width="600"]Johhny speel die skurk. Foto: Verskaf Johhny Pienaar vertolk die rol van die skurk. Foto: Verskaf[/caption]

Die manne van DZL gaan dit mos nie duld nie, en Wiaan gee die bendeleier ’n harde hou met die kop voor hulle die pad kies op hul ysterperde.

“Hulle het vooraf die toneel geoefen sodat hulle presies weet wie moet watter kant toe mik.

“Toe dit by ‘aksie’ kom, het Wiaan ’n bietjie vergeet watter kant toe en Johnny sommer letterlik met sy kop bygekom.

“Johnny het so ’n bietjie gebloei en Wiaan het ’n blou kol weg.”

“Johnny het ná die tyd gesê in al sy jare in die filmbedryf moes hy al baie sulke kopstampe uitvoer, maar dis die eerste keer dat hy self seergekry het,” skerts Andries.

[caption id="attachment_122328" align="alignnone" width="600"]Soos ridders kom die manne op ysterperde aan. Foto: Verskaf Soos ridders kom die manne op ysterperde aan. Foto: Verskaf[/caption]

Was hulle al ooit in ’n regte kroeggeveg?

“Nog nooit, maar wie weet? Daar is altyd ’n eerste keer. Ons het darem nou geoefen; as dit ooit gebeur, sal ons weet hoe om spore te maak.”

Afgesien van dié twee manne se musiektalent en nou ook hul kroeggevegskuns, is hulle ook beroepsmodelle. Hulle albei gaan vanjaar by groot modegeleenthede in Namibië en Ghana wees.

En die manne kook ook!

Wiaan en Andries is ook te sien op die nuwe TV-program Lek Jou Lippe Af op VIA.

Maar bewonderaars, julle het ongelukkig net ’n kans met een van hierdie smeulende manne, want net Wiaan is nog enkellopend. Andries en sy vrou, Sya, is al sowat twee jaar getroud.

As jou hart nog nie heeltemal gesmelt het nie, beywer die manne hulle ook vir die bewaring van renosters. Hulle is die ambassadeurs vir die Limpopo Rhino Security Group.

“Daar is pas ’n nuwe renostertjie gebore en hy is na ons genoem – klein DZL’tjie,” sê Andries trots.

Kyk hier na DZL se nuwe musiekvideo vir Vind Jou Pad:

– Jacques Myburgh

Ook op Huisgenoot.com

Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie