Haar ongewone naam is terselfdertyd bekendgemaak.

Die trotse ma het Alexis Olympia Ohanian jr. Woensdag op Instagram aan die wêreld voorgestel.

Volgens TMZ spog Serena dat die kleinding reeds ’n Grand Slam-titel agter haar naam kan skryf. Serena was immers swanger met haar toe sy die Australiese Ope wen.

Vroeër vandeesweek het sy ook ’n foto van haar en haar verloofde, Alexis Ohanian, op Instagram gedeel met ’n prikkelende byskrif: “ . . . maar is jy gereed?”

... but are you ready?

A post shared by Serena Williams (@serenawilliams) on

Sy het intussen ’n kosbare video op dieselfde platform gedeel waarin sy stories oor hul kleinding, asook ’n reeks video’s waarin sy haar persoonlike reis deel tot by die geboorte van Alexis.


Serena erken dit was ’n moeilike swangerskap. Sy moes ses dae in die hospitaal deurbring nadat Alexis op 1 September gebore is.

@vanityfair

A post shared by Serena Williams (@serenawilliams) on

“Ons het soveel komplikasies gehad, maar kyk net wat het ons nou: Ons het ’n babadogtertjie.”

Bronne: tmz.com, mirror.co.uk, dailymail.co.uk