[caption id="attachment_154117" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die sangeres agter die liedjie Come and Get It het nie veel aan die verbeelding oorgelaat in die foto wat die bekende fotograaf Mert Alas geneem het nie. Hy’t dit Woensdagaand op Instagram gedeel om vir aanhangers ’n kykie agter die skerms van die fotosessie te gee.

In die smeulende kiekie dra Selena ’n bleekkleurige kant-deurtrekker en hou ’n wit handdoek voor haar bors terwyl sy oor haar skouer loer en in ’n spieël kyk. Haar halfkaal boudjies is duidelik sigbaar.

Mert se weerkaatsing kan ook in die spieël gesien word terwyl hy die foto op sy selfoon neem. Hy’t by die foto geskryf: “Beauty and the Beast.”

selenapanty

Selena (24) het onlangs teruggekeer na die kollig en sosiale media nadat sy ’n blaaskans teen einde 2016 geneem het om te fokus op haar stryd teen lupus.

Die sexy foto is gedeel enkele ure nadat Selena se foto’s waar sy handjies vashou en soen met die R&B-ster, The Weeknd, aanlyn uitgelek het.

Die sangeres het die tonge laat klap dat daar romanse tussen hulle broei ná ’n intieme ete-afspraak by die Giorgio Baldi-restaurant in Santa Monica, Kalifornië Dinsdag, waarna hulle glo na Selena se huis toe is.

“Hulle was daar vir drie uur, net hulle twee,” het ’n bron aan E! News vertel. “Hulle het so gelukkig gelyk. Hulle het drukkies en soentjies uitgedeel. Sy bestuurder het vir hulle gewag en haar bestuurder het kort daarna ook daar aangekom. Hulle was alte liefies met mekaar. Selena kon haar hande nie van hom afhou nie en het hom gedruk en gesoen. Sy het ongelooflik gelyk en ook baie gelukkig en dolverlief.”

Selena en die Kanadese sanger Justin Bieber was vanaf 2010 tot 2013 in ’n aan/af verhouding en die Starboy-sanger en die model Bella Hadid het in November uitgemaak.

© Cover Media