Die Olimpiese atleet en haar langtermyn liefde het tydens 'n spoggerige geleentheid by die Chez Charlene trouperseel in Pretoria afgehaak. "'n Liefde wat onbreekbaar is," het Caster by een van die pragtige foto's op Instagram geskryf.
Caster en haar vrou het reeds 'n geruime tyd gelede tydens 'n tradisionele seremonie in Limpopo getrou. Hierdie sogenaamde "white wedding" was spesiaal vir vriende en familie. Talle bekendes was ook onder die trougaste.

Caster se Oosterse troupak het uitstekend gegaan saam met Violet se pragtige spierwit trourok.