Die voormalige NRL-speler, Ben Ross, se regterarm is ná vier sekondes van 'n armstoeiery met Wendell Sailor, 'n ander afgetrede speler, gebreek.

Die gehoor by The Footy Show het geskok toegekyk toe 'n aanbieder 'n ambulans ontbied vir die ster, wat die NRL-kampioenskap met die Panrith Panthers gewen het.

Die Nine Network, wat die vertoning uitsaai, het advertensies vertoon solank Ross behandeling ontvang het.

Volgens verslag is die 35-jarige Ross per ambulans na die Sydney-hospitaal geneem, waar dit bevestig is dat hy sy regter-boarmpyp (humerus) gebreek het.

WAARSKUWING: Nie vir sensitiewe kykers nie