Tog kon sy dit nie weerstaan om ’n kiekie van haar uiters private wederhelf, die Stellenbosse sakeman D’Niel Strauss, op die sosiale netwerk Instagram te deel tydens hul onlangse vakansie in Monaco nie.

Rolene en D’Niel was onder meer by die Monaco Grand Prix. Ons wonder of hulle McDreamy – dis nou die akteur Patrick Dempsey van die TV-reeks Grey’s Anatomy – raakgeloop het? Dié was mos ook by die Grand Prix.
D’Niel en Rolene geniet duidelik die gehaltetyd wat hulle saam kan deurbring. Lees ook: Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco! Die paartjie is tans in ’n langafstand-huwelik. D’Niel bly op Stellenbosch en Rolene in Bloemfontein, waar sy weer mediese student is.

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Hulle gesels gereeld oor die foon met mekaar, het sy onlangs vir ons vertel. Sy gaan oor ’n jaar en ’n half Kaap toe trek om by haar man aan te sluit wanneer sy haar mediese studies voltooi, vertel dié beeldskone nooi van Volksrust.
Rolene het in Monaco onder meer skouers geskuur met ons eie prinses Charlene en selfs in die Pienk Paleis uitgespan. Ons wens ons kon ’n vlieg teen die muur wees! Lees ook: Kyk wie praat al van trou!
En sy het soos oudergewoonte die koppe laat draai in skeppings van plaaslike ontwerpers soos Danielle Margaux en haar jarelange stilis, Werner Wessels.

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Rolene en D’Niel het hulle duidelik gate uit geniet daar oor die waters.

“Ek het ’n wonderlike tyd gehad met my gunsteling-reismaat. Dis amper tyd om huis toe te gaan,” het sy gister op Instagram vertel. “Dankie Monaco, jy was goed vir ons.” Te heerlik!

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dié optiese illusie sal jou deurmekaar maak

Skud jou vere reg om saam met UB40 te reggae!

Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Ouers maak hart oop oor seldsame siekte wat kleuters met aanhoudende beroertes laat