Trouklokke het Saterdag 6 Februarie vir Rolene Strauss, voormalige Mej. Wêreld, en die sakeman D’Niel Strauss op die pragtige Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes gelui. En nou het sy self hul troustorie met die wêreld gedeel.  KYK SAAM DEUR ROLENE EN D’NIEL SE PRAG TROU-ALBUM

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

DIE PAD VAN HAAR GROOT KRONING TOT HAAR MOOISTE DAG 

Dié pragtige nooi van Volksrust het die wêreld se verbeelding aangegryp toe sy op 14 Desember 2014 as Mej. Wêreld gekroon is.

Na ’n besige jaar het sy in Desember 2015 die kroon aan die mooie Mej. Spanje oorhandig.

In Julie 2015 vra D’Niel, haar "vriend van byna drie en 'n half jaar", die jawoord op Hartenbos en Rolene besluit om haar verlowingsnuus eerste met Huisgenoot-lesers te deel.

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Die toonaangewende trou- en funksiebeplanner Aleit Swanepoel, stigter en voorsitter van The Aleit Group, het Saterdag se bruilofsfees gekoördineer. Rolene se ring is, met haar leiding, ontwerp en gemaak deur Jack Friedman Juweliers.

Sy het die maak van haar trourok aan haar vriend en wêreldbekende SA ontwerper Casper Bosman toevertrou.

Kyk saam met ons terug na Rolene se groot kroningsoomblik op die wêreldverhoog:

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Bekendes wys met dié foto’s hulle is ook maar net mense

Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika

Hoekom is daar ’n gaatjie bo-aan my Bic-pen se doppie?

Meer oor daardie piepklein sakkie aan jou jeans

Dié WhatsApp-truuk kan jou baie ongemaklike oomblikke spaar