Die Oscar-wenner Robert de Niro het as deel van die #VoteYourFuture-advertensieveldtog voor die kamera beland om te sê waarom Amerikaners in die komende presidentsverkiesing moet stem.

[caption id="attachment_140048" align="alignnone" width="600"]Fotosamestelling: Skermgreep, The Gaurdian en Dennis Van Tine/Future Image/WENN.com Fotosamestelling: Skermgreep, The Gaurdian en Dennis Van Tine/Future Image/WENN.com[/caption]

Robert het egter besluit: tot hiertoe en nie verder nie, geheel en al van die draaiboek afgewyk en laat waai . . . Die legendariese Hollywood-akteur sê selfs hy wil Trump in die gesig slaan.

Kyk hier na sy tirade oor Trump wat Vrydag afsonderlik deur sy vervaardigers uitgereik is . . . Jy sal nie teleurgesteld wees nie!

Uit die aard van die saak was sy bydae nie gematigd genoeg vir die #VoteForYourFuture-veldtog nie.

Bronne: The Gaurdian, Vice.com