Een van Durban se gewildste strande is Sondagmiddag gesluit weens massiewe deinings wat bo-oor die Goue Myl-promenade gespoel het. Lewensredders is op die toneel om seker te maak baaiers waag dit nie in die onstuimige see nie.

Maar wat het dit veroorsaak? Stacy Colborne van die Suid-Afrikaanse weerdiens sê sikloon Enawo wat Madagaskar Dinsdag getref het, was te ver van Suid-Afrika gewees om dié kragspel van die see aan te hits.

  Sterk suidwestelike winde wat kuslangs waai dra wel by tot die grootte van die golwe.
Garrith Jamieson van Rescue Care het die golwe as "uitsonderlik hoog" beskryf. Boonop sou hooggety ook nog teen 16:00 inskop.

Bronne: news24.com, timeslive.co.za, africa-news.info