Maar dis nie aldag dat ’n gerekende motor-, motorfiets- en marienevervoervervaardiger koers kies “boontoe” nie. Kyk net wat bekende motorfietsvervaardigers op hul lysie het. Yamaha vervaardig byvoorbeeld ook produkte rondom musiek – van oorfone tot tromme, klaviere en klawerborde.

A photo posted by Pam Photos (@pam.photos) on

Van BMW praat ons nie eens nie, want die bekende Beierse wapentjie pronk op feitlik enigiets van trapfietse (teen ’n demoniese prys natuurlik) tot klerasie.
Aprillia en KTM fokus weer hoofsaaklik op hul gesogte motorfietsreekse.

A photo posted by The AutoTor (@theautotor) on

... enige kleur solank daar iewers oranje te bespeure is!
Maar kyk net wat vang Honda aan. Ná 20 jaar van navorsing en ontwikkeling het die maatskappy se eerste handelsvliegtuig – heel gepas die HondaJet genoem – einde April 2016 in Europa in Mönchengladbach, Duitsland, geland. Rheinland Air Service gaan van die ligte straler gebruik maak.
“Die aflewering van die eerste HondaJet in Europa is ’n merkwaardige mylpaal vir ons reis om nuwe waarde tot die ligte stralermark te voeg,” het Michimaso Fujino, president van die Honda Aircraft Company, gesê.

A photo posted by JetToGo (@jettogobr) on

In 2014 het The Verge die nuweling in die lug as ’n vliegtuig met baie vreemde enjins bestempel. Waar die meeste stralers se enjins gewoonlik weerskante van die romp gemonteer is, is die HondaJet s’n op voetstukke aan die vlerke vas.

A photo posted by Mike Panesis (@mpanesis) on

Nog een van die (talle) rare eienskappe van die HondaJet is dat dit uit saamgestelde materiale vervaardig is en nie uit aluminium soos gewoonlik met vliegtuie die geval is nie.

Die HondaJet het reeds in 2013 die lugruim besoek, maar die amptelike aankondiging en in alle waarskynlikheid bykomende verstellings is gemaak voor dit nou ’n werklikheid geword het.

“Dit is ’n hoëverrigtingsportmotor in die lug,” is die mening van Ernest Arvai van AirInsight.

Forbes bestempel die HondaJet as ’n gedugte deelnemer aan die ligtestralermark en maan dat Bombardier, Embraer en Textron/Cessna hul vlerke mooi sal moet afstof om by die gewillige vliegtuig by te hou.

Bronne: compositemanufacturingmagazine.com, theverge.com, forbes.com, Instagram

Ook op Huisgenoot.com

Honda NC750X: Avontuurliker en tawwer

Die wye (en woeste) wêreld roep met die nuwe Honda Africa Twin

Die wrede wipplankryery van brandstofpryse – so kan jy bespaar

Waaghalsige ouma (81) ‘lewe op die rand van gevaar’ en spring by vliegtuig uit