Swaar mis en ’n seepgladde padoppervlak te wyte aan sneeu en reën is waarskynlik die twee hooffaktore wat tot ’n reuse-kettingbotsing in China gelei het.

Die ongeluk waarby 56 voertuie betrokke was, het Maandagoggend omstreeks 09:00 op die Beijing-Kunming-snelweg in die Shanxi-provinsie plaasgevind.

Ander gerugte dui daarop dat ’n gebarste vragmotorband die kettingbotsing veroorsaak het waarin 17 mense gesterf het. Sover bekend het nog 37 beserings opgedoen.

So het ’n kamera op die instrumentepaneel die oomblik vasgevang toe ’n passasiersbus in die reeds opeengehoopte wrakke vasgly.

Opruimingswerk is aan die gang. Sover bekend is die pad vandag nog gesluit.

Beeldmateriaal verskaf ’n surrealistiese indruk van opgefrommelde speelgoedkarretjies wat die wêreld vol gestrooi lê.