Noodhulpdienste moes Dinsdag bontstaan toe sowat 70 mm reën binne ’n halfuur oor die Heidelberg, Gauteng, uitsak.

Heidelberg se Volunteer Medics het ’n oproep ontvang oor ’n muur wat omgeval het, maar toe hulle by die toneel kom, was die skade veel erger.

“Bome moes met motors weggesleep word. Daar was elektriese kabels op die grond en talle mense moes ontruim word nadat hulle op huise se dakke gevind is, huise is oorstroom en motors is deur die stroom in verskillende rigtings gestoot,” skryf hulle op hul Facebook-blad.

Dit is nie bekend of enigiemand tydens die oorstromings beseer is nie.