Nog ’n immergroen gunsteling is Donderdagaand deur die Republiek van Zoid Afrika van die rak gehaal en afgestof.

Kyk net wat gebeur as die bekende Afrikaanse sanger Ray Dylan van onder meer Hokaai Stoppie Lorrie, Breek die Ys en Asemloos en Karen Zoid hul saam op een verhoog bevind! Die duo sing een van Ray se gewildste nommertjies, Jessica.

Hier kom ’n ding!

Hierdie was die laaste episode van die derde seisoen van Republiek van Zoid-Afrika. Maar aanhangers moet hul nie bekommer nie, want ’n vierde seisoen is reeds deur kykNET aangevra.

"Ek kan nie glo nog ’n reeks is op sy einde nie," sê Karen. "Elke episode en elke gas was só onververgeetlik. Ons het lekker saam gelag en ons het ook gehuil."

Karen het ook al die getroue kykers bedank. "Aan elke kyker, almal wat boodskappe op Facebook vir my stuur, elke liewe een wie die liedjies op iTunes aflaai en elkeen wat die CD koop: Dankie vir alles!"

En dan die beste nuus: "Ons gaan nou net ’n kort vakansie hou in die Republiek waarna ons weer al ons kragte sal saamspan om die meeste pret moontlik te hê saam met julle."

Die derde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika begin in Julie op kykNET wys.

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Rocco de Villiers en Karen Zoid gaan jou lus maak om te tango

Kyk: Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke

Kyk: Karen, Carike en Pedro zoem tot in kykers se harte

Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

Karen Zoid en Claire Johnston se spesiale oomblik

Kyk: Juanita du Plessis verklap haar stoutste oomblik en geheime talent

Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika