’n Vreemde kombinasie, ja, maar hierdie twee troeteldiere kom baie goed oor die weg. Hul eienaar, Christina, wou nog altyd ’n katjie hê, maar aangesien sy reeds vir Raven gehad het, wou sy van die begin af seker maak hy sal gelukkig wees met enige nuwe toevoeging tot die gesin. Daarom het sy besluit om Raven saam te neem na haar plaaslike diereskuiling op soek na die ideale katjie.
Lees ook: Hond skenk bloed om kat te red “Ek wou nog altyd gehad het ’n hond en kat moet saam grootword. Dis ’n lewensdoel,” het Christina aan die aanlyn dierewebtuiste The Dodo gesê. En dié wyse besluit het in haar guns getel.
“Ek wou hê hulle moet goed oor die weg kom,” vertel Christina, “daarom wou ek hê Raven moet die kat ontmoet en dat die kat ook met die hond oor die weg moes kom.” Drie klein katjies is een vir een aan Raven voorgestel. Nie een het juis enige belangstelling getoon, of andersom nie. Maar toe Raven en Woodhouse mekaar ontmoet, was die koeël deur die kerk.
Lees ook: Dié honde lek (letterlik) hul lippe af vir . . . grondboontjiebotter! ’n Jaar nadat Woodhouse by die familie aangesluit het, is sy en Raven nou sulke goeie pelle en totaal onafskeidbaar. Christina neem daagliks die oulikste kiekies van haar dierekinders en deel dit met haar meer as 27 000 volgelinge op Instagram.
As Raven en Woodhouse nie saam eet, slaap, rondry of verjaardae vier nie, vermaak hulle mekaar. Woodhouse dra glo die broek in die verhouding en jaag Raven graag rond, vertel Christina.

Dis nou ware vriende.

Bronne: Metro.co.uk, The Dodo