Chacha die sjimpansee het besluit genoeg is genoeg, sy vier ‘huismaats’ agtergelaat en uit die Yagiyama-dieretuin in Sendai in die noorde van Japan ontsnap.

Geskokte inwoners kon hul oë nie glo toe Chacha (23) homself bo-op ’n kragpaal tuisgemaak het nie. Hy was alles behalwe gelukkig met die pogings om hom weer te vang.

Dit het sowat twee uur geneem voordat Chacha met ’n verdowingspyl geskiet is en hy na benede getuimel het. In ’n stadium duik hy met ontblote tande af op ’n man wat hom probeer vang, ’n oomblik wat sterk herinner aan die ikoniese King Kong-fliek van 1933.

Gelukkig het werkers op die grond ’n kombers byderhand gehad wat as vangnet gedien het.

Bronne: independent.co.uk, abcnews.go.com, bt.com

Ook op Huisgenoot.com:

Hiert jy! Daar ontluik nóg ’n Schumacher in ’n gedugte spoedvraat

Doodsreuk hang in hospitaal nadat erg ontbinde lyk glo in hysbakskag gevind is

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate