Volgens wat berig word, was dit vermoedelik ’n voël wat tot ’n brand in een van die vliegtuig wat Donderdag ’n noodlanding op die Atatürk-lughawe, veroorsaak het.

Daar was 298 passasiers en 14 bemanning aan boord van die vliegtuig.

Vroeër vandag

Die vlamme afkomstig van die enjin is duidelik sigbaar in hierdie video:
Die vliegtuig, ’n Airbus A330, was op koers na Doha, die hoofstad van Katar, maar moes noodgedwonge na Istanboel terugkeer.
Almal aan boord het ongedeerd daarvan afgekom. Die vliegtuig is reeds agt jaar in diens van die redery. Qatar Airways het hierdie verklaring op Twitter gedeel:

Bronne: 9news.com.au, afp.com