’n Prostituut van Harare, Zimbabwe, se begrafnis het ’n ganse dorpie tot stilstand gedwing toe roubeklaers haar kis na ’n plaaslike kroeg geneem en opgeblaasde kondome begin rondswaai het.

H-Metro, deel van die staatsbeheerde koerante in Zimbabwe, berig dat die roubeklaers in die Glen View township ook suggestiewe danspassies uitgevoer het om die oorledene se beroep te vier.

Vroeg verlede jaar het ’n polisiewoordvoerder gesê roubeklaers moet ophou om kiste in die openbaar rond te paradeer, aangesien dit disrespekvol is teenoor die dooies.

Tog bly dit ’n gewilde praktyk en is daar talle video's daarvan te sien op YouTube.