Eers was daar die “moeder van alle storms” wat die Wes-Kaap veral Woensdag laat steier het. Toe volg die talle verwoestende brande in die suidelike deel van die provinsie. En dan val sneeu – en vir ’n kort rukkie betree jy ’n towerwêreld getooi in wit.

Nog ligte sneeu word die komende naweek verwag.

Hier is die uitsig vanaf Riebeek Kasteel in die rigting van die Matroosberge:

Die sneeu het ver en wyd geval. Hier's 'n rondomtalie van pragtige en prettige sneeufoto's en video's wat in die sosiale media gedeel is.