Bryan, sy vrou, Janine, en tweejarige seuntjie, Timothy, het onlangs tydens ’n besoek aan die Moederstad ’n fotosessie met die die plaaslike fotograaf Hanri Human gereël en ons is mal oor die eindresultaat.

Die gesin woon tans in Frankryk waar Bryan vir die rugbyklub Toulon uitdraf. Luidens berigte het hy nog ’n jaar lange kontrak met die klub gesluit. Bryan en sy gesin was onlangs in Kaapstad en dis toe dat hulle dié pragfoto’s op ’n strand in die Moederstad laat neem het.

Die Kaapse modeontwerper Janita Toerien het op Facebook laat val dat sy die sexy swart glansrok ontwerp het waarin Janine tydens die fotosessie poseer het. Die paartjie vier in Oktober hul agtste huweliksherdenking.

Janine is duidelik ’n baie trotse mamma. “Timothy het ’n nuwe woordjie geleer, en elke keer dat hy dit gebruik smelt my mamma-hart behoorlik: T: ‘Mamma, dis beautiful!’ *Mamma Smelt*” het sy vroeër vandag op Facebook geskryf.

Te oulik!

Bykomende bronne: SARIE.COM, PUNDITARENA.COM