Minette de Beer het die foto’s van die gesin in die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria geneem. Hulle lag uitbundig terwyl hulle omring word deur die ongerepte natuur.

“Mooi foto's! Lewe ná rugby as model, my tjom,” het een van Morné se volgelinge by die gesinsfoto’s geskryf. Morné het skertsend hierop geantwoord: “Ha-ha, dit moet my vrou en kinders wees wat my bietjie boost!” 

Hy het ook sy profielfoto op Instagram verander na een van die pragfoto’s waar hy en Christelle die twee seuns in die lug opgooi. 

Morné het onlangs teruggekeer van Frankryk, waar hy in die Europese rugbyseisoen vir die klub Stade Français Paris uitdraf. 

En dit lyk asof die gesin omtrent die kosbare tyd saam met hulle geliefdes in Suid-Afrika geniet. Foto’s en video’s wat Morné graag van sy seuns in die sosiale media deel, wys ook hoe groot sy bulletjies geword het.  

In ’n video wat hy die afgelope week gedeel het, stry klein Christean omtrent teen Klaasvakie terwyl hy terselfdertyd springmielies probeer eet.

“Hoe moeg kan ’n man wees,” skryf Morné by dié video wat ons hart vermurwe het. 

Kyk net hier hoe oulik is dit:

How tired can a man be!!!!????

A post shared by Morné (@mornesteyn) on