Rene en Marcelle van de Werken, van Nederhemert, Nederland, het die aarde hard getref toe hulle ná hul troue tuiskom en ’n paar onaangename verrassings op hulle wag.

Die egpaar se vriende het as ’n poets hul huis bestrooi met konfetti en hooi, en ook ’n paar troeteldiere aangeskaf, onder meer goudvissies wat hulle sommer in die paartjie se bad gehuisves het.

Hoenders en hase het ook vrylik op die paartjie se erf rondgedwaal.

Beslis nie die ideale manier om ’n huwelik te begin nie, maar die paartjie, soos hul pelle, het gedink dis skreeusnaaks.

Hierdie goue vissies was in die egpaar se bad gehuisves Foto: Facebook
Die trappe was vol koppies gepak en die paartjie kan sodoende nie op of af by die trap nie Foto: Facebook
Die vloer is vol konfetti bestrooi Foto: Facebook
Hoenders en hase het vrylik op die paartjie se werf gedwaal Foto: Facebook

Hulle het selfs die hase gehou as troeteldiere vir hul kinders!

Gelukkig het hul vriende, wat verantwoordelik was vir die gemors, ook help opruim.

Die paartjie bieg egter dat hulle geskok was oor die gemors en dat 'n huweliksnag tuis buite die kwessie was, berig Metro.

“Alles is skoon en niks is gebreek nie. Ons het goeie huise vir die hoenders gekry en die hase sommer gehou, want ons kinders is baie ingenome met hulle!”

“As jy altyd voor in die tou staan met ander mense poetse bak, moet jy besef die bordjies kan eendag verhang word!” het die paartjie laggend vertel.

Bronne: Metro, Facebook