Foto: Getty Images

Die District 9-akteur Sharlto Copley en sy vrou, die plaaslike model en aktrise Tanit Phoenix, se eersteling is hier.

Tanit het gisteraand die eerste foto van hul eersteling gedeel en sommer ook die geslag verklap. Dis ’n dogtertjie! Hul kleinding is al twee maande gelede gebore, het die 32-jarige nuwe ma in die sosiale media verklap.

"Twee maande van pure liefde en vreugde. Ek is so dankbaar om die mamma van hierdie skattige klein dogtertjie te wees. Jy is my alles," het Tanit op Facebook en Instagram laat hoor.

Die paartjie woon tans in Amerika. Tanit het gereeld tydens haar swangerskap foto's van haar bababoep gedeel.

?? Playing artist while waiting for my little angel baby to arrive #painting #art #artist #tanitphoenix #mamma #peaceful #love ??

A post shared by Tanit Phoenix Copley (@tanitphoenixofficial) on

Sharlto (43) en Tanit is sedert 2012 ’n paartjie. Hulle het in Februarie verlede jaar stil-stil in Kaapstad afgehaak.

"You may kiss the bride..." Cape Town, South Africa. 15 February #truelove @tanitphoenixofficial

A post shared by Sharlto Copley (@sharltocopleyofficial) on

Sharlto, wat al teenoor Matt Damon in die fliek Elysium en Angelina Jolie in Maleficent gespeel het, sal volgende jaar ook in die aksiefliek Gringo te sien wees saam met ons goue meisie van Benoni, Charlize Theron.

Hy en Charlize is vriende en sien mekaar af en toe, het hy in 2015 in ’n onderhoud met Huisgenoot vertel. Hulle praat selfs nou en dan Afrikaans, veral as Charlize se ma, Gerda, by is.

Charlize is self ’n ma van twee aangenome kinders. Sy het ’n vyfjarige seun, Jackson, en tweejarige dogter, August. Ons wed hul kleingoed gaan sommer net so dik pelle raak!