Kurt Darren se seuntjie, Kade, is net vyf maande oud, maar het dié week reeds die eerste keer “pappa” begin sê. Kurt se vrou, Dunay, het Vrydagoggend ’n oulike video op Instagram gedeel waar sy “pappa” sê en klein Kade glimlaggend sy mooie mamma se woorde naboots. “Hoe oulik is dit nie. Hy is die ou slimste seuntjie en hou baie van gesels en lag,” vertel sy vir Huisgenoot. “Hy roep nog nie na mamma of pappa nie, maar herhaal ons woorde wanneer ons dit sê.”

Kade het reeds ’n paar weke gelede sy ma begin naboots wanneer sy “mamma” sê en nou doen hy dieselfde wannneer sy “pappa” sê.

Sy vertel hul dogtertjie Kyrah (2), het dieselfde gedoen toe sy net ses maande oud was.

Pappa is seker vreeslik trots? “Ja-nee, sy hart is groot geswel,” vertel Dunay laggend oor haar man. Sy deel gereeld op Instagram die allermooiste kiekies en video’s van hul skattige kroos. “Hulle maak ons so gelukkig.”

Wine estate living ? @vergenoegd_wine_estate @kurtdarren #Kade #5monthsold #duckparade

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on