Pippa Middleton (33), suster van die hertogin van Cambridge, is Saterdag getroud met die sakeman James Matthews (41).

Die seremonie het by die St. Mark’s-kerk in Englefield, net buite the Middletons se tuisdorp Bucklebury, Berkshire plaasgevind.

In ’n video wat die BBC gedeel het kan Pippa gesien word waar sy by die kerk arriveer. Op sosiale media kon baie nie uitgepraat raak oor haar pragtige trourok nie, wat deur dié publikasie as ‘mooi, eenvoudig en baie Engels’ beskryf is.

Ná die troue is die egpaar in ’n luukse Jaguar na die onthaal wat by die nabygeleë Englefield House gehou is en daarna voortgeset is by haar ouerhuis in Bucklebury, Engeland.

Bronne: BBC, The Daily Mail.