Die 41-jarige sanger, vervaardiger en nuwe mentor op die Amerikaanse werklikheidsreeks The Voice, het pas ’n koel nuwe video die lig laat sien vir Gust of Wind, sy liedjie saam met Daft Punk.

In die video hou Pharrell in die woud saam met ’n groep dansende meisies partytjie. Die Franse elektro-duo Daft Punk maak ook ’n draai in die video – natuurlik in reuse helms!