PG du Plessis se bekende kortverhale is verwerk vir die verhoog en beloof om ’n nuwe generasie bekend te stel aan Mietie, Veldsman en Genis.

Tydens ’n stelbesoek het die akteurs wat dié stukkie volksbesit laat herleef húl gunsteling-stories uit die oorspronklike kortverhale met Huisgenoot gedeel.

Dié toneelstuk het by vanjaar se  Woordfeesdebutteer en vol sale getrek. Maar seker jy loop dit nie mis wanneer jy hierdie jaar KKNK toe gaan nie!

Chris van Niekerk, Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, De Klerk Oelofse en Carel Nel is die akteurs wat lewe blaas in PG se kleurvolle karakters met Sandra Prinsloo wat die regie behartig.

KOOP NOU JOU KAARTJIES VIR KOÖPERASIESTORIES BY KKNK