Dit was die dag waarop hy byna sy lewe kwyt was nadat een van die trappe van ’n roltrap by ’n inkopiesentrum onder hom meegegee het.

Die arme Liu is vir ongeveer 19 meter deur die metaalmonster voortgesleep. Nadat die masjien afgeskakel is, moes hy ’n verdere 40 minute vasbyt tot brandweermanne hom eindelik kon bevry.

Nadat hy deur die trap geval het, het sy been in die meganisme vasgesit. Sy redders moes onder meer van hidroliese toerusting gebruik maak om hom te bevry.

Lees ook: Gruval van roltrap op video vasgelê

Die brandweermanne wat nie regstreeks by die reddingspoging betrokke was nie, het hul bes gedoen om hom te troos en so gerieflik moontlik te hou totdat hy eindelik bevry is.

Liu se linker-dybeen is gebreek en hy verkeer tans in die Boa-an-streek se hospitaal waar hy van sy afgryslike ervaring herstel.

Kyk: Seuntjie byna deur roltrap vergruis

Volgens Chinese mediabronne is dié spesifieke roltrap in Desember 2015 ondersoek en is daar geen foute gevind nie. Ander berigte dui weer daarop dat die personeel van die Jingzhou-winkelsentrum vyf minute voor die voorval bewus was dat daar van die skroewe op een van die voetplate los was.

Waarskuwing: Video mag sensitiewe kykers ontstel

Lees ook op Huisgenoot.com:

Oscar Pistorius het vir my boodskappe gestuur, sê model Katie Price

Marco Spaumer verklap wat deur Tim se kop gegaan het tydens daai skokkende Suidooster-oomblik

Die folky Majozi eersdaags op die Liefde by die Dam-verhoog

Omgekrapte vrou vermorsel peperduur Jaguar met haar peperduur Range Rover

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!